

ADVERTISEMENT:

Plaaslike takvoorsitter van AfriForum mnr. Wally Schutlz (regs) en sy sekretaris, mnr. Fanie Otto, is reg vir die volgende rondte.
News Date: 05 September 2015
Na afloop van AfriForum se jaarlikse nasionale kongres het plaaslike lede vol moed en durf teruggekom om ‘n omkeer te bring in dienslewering. Nagenoeg 450 AfriForum-afgevaardigdes van 155 takke regoor Suid-Afrika het die kongres bygewoon. Onder hulle was ook Louis Trichardt se takvoorsitter, mnr. Wally Schultz, en taksekretaris mnr. Fanie Otto.
Hulle het dié week gesê dat hulle hernude inspirasie gekry om die dorp se kroniese waterprobleme te pak. Schultz was veral bly oor die 10-dae-lange Selfstandigheidsveldtog wat AfriForum bekendgemaak het tydens die kongres. Die fokus van hierdie veldtog sal gemeenskapsselfstandigheid wees, instede van regeringsafhanklikheid.
AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, het lede toegespreek en gesê: “Ons mobiliseer Afrikaners om ‘n selfdoenvermoë in hulle AfriForum-takke te ontwikkel, sodat ons probleme – hetsy prakties, deur hofsake of openbare druk – vir alle Suid-Afrikaners kan oplos.”
Schultz het verduidelik dat elke AfriForumtak ‘n taak moes kies om uit te voer met die Selfstandigheidsveldtog om binne 10 dae, vanaf 28 September, uit te voer. Louis Trichardt, sê hy, het sommer twee gekies. “Die eerste is om te sien dat al ons boorgate in werking is, en water in ons stelsel pomp. Die tweede is om al die straatligte in ons dorp te herstel,” het Schultz verder uitgebrei.
Hy het ook die hoop uitgespreek dat sy lede en voornemende lede ‘n handjie sal kan bysit. “Ons wil hê die jeug, insluitend werkende jongmense, moet by AfriForum inskakel, sodat hulle betrokke kan raak by die opbou van ons land en die positiewe dinge wat op grondvlak gebeur, kan ervaar,” het Schultz gesê.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
