ADVERTISEMENT:

 

Die sowat 2000 draadstrikke wat die afgelope drie maande vanaf plase verwyder is.

Wildstropers baie bedrywig in Musina-distrik

 

News  Date: 17 June 2005

 

MUSINA – Wildstropery en wilddiefstal is aan die toeneem in die hele Musina distrik, aldus mnr. Adriaan Potgieter, streeksbestuurder van die Musina-tak van SPOOR (Specialised People On Our Reconnaissance).

Mnr. Potgieter en sy ses opgeleide spoorsnyers het die afgelope drie maande al sowat 2 000 draadstrikke op plase in die omgewing opgespoor en verskeie diere uit strikke bevry. Hulle het tot soveel as 413 draadstrikke op 1 000ha gekry van die plaas Maswiri van mnr. Andries Fourie en baie ander strikke op plase in ‘n wydverspreide area om Musina.

Volgens mnr. Potgieter is wildstropery in die omgewing definitief aan die toeneem en word dit ‘n gespesialiseerde bedryf met baie afsetgebiede. Die feit dat nie een of twee strikke per keer geplaas word nie, maar soveel as 17 in ‘n klein omtrek, bevestig dat die stropery ‘n bedryf is en nie bloot diewery vanweë honger nie. SPOOR vind die wilddiewe veral bedrywig rondom pensioen- en uitbetalingsdae en die plaaslike polisie en weermag het eenvoudig nie die mannekrag tot hulle beskikking om die probleem hok te slaan nie.

Veral naweekboere moet baie bewus wees van hierdie indringende probleem. Boere glo dat hulle self hulle grond genoegsaam patrolleer, maar daar is tot al gevind dat wilddiewe informele ‘slagpales’ op boere se plase oprig waarvandaan die gesteelde wild dan afgeslag en opgesny na die afsetgebiede vervoer word, sonder dat die boer daarvan bewus is. Die wildstropers bly tot weke en maande op verlate plase, of in ou murasies en selfs leë damme op plase. Selfs geëlektrifiseerde heinings skrik die diewe nie af nie en boere moet attent wees op die gevaar. Daar was on-langs selfs ‘n geval waar ‘n plaaslike boer se jagkamp dopgehou is en ‘n klaar geslagde koedoe en blouwildebees vanuit die kamp gesteel is toe die jagters dit verlaat het.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines