ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Joubert Fourie van Limpopo Melkery is onlangs deur die Meester Suiwelboer Vereniging (Noord) aangewys as een van die top 10 Meester Suiwelboere in die noordelike streek vir die 2003/4 toetsjaar. Onder diegene wat die melkery gelukgewens het, was verteenwoordigers van Meadow Feeds, die voerverskaffer van Limpopo Melkery, wat Maandag besoek afgelê het by die melkery en ‘n sertifikaat oorhandig het. Van links is mnre. Joubert Fourie en die Meadow Feeds verteenwoordigers Sieg Beneke, Cliff Harrington en Martin Neitz.

Top toekenning vir Limpopo Melkery

 

News  Date: 24 June 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Limpopo Melkery het op 6 Mei weereens erkenning gekry vir hul kwaliteit suiwelboerpraktyk tydens die Algemene Jaarvergadering van die Meester Suiwelboere Vereniging (Noord).

Tydens die vergadering by die St George Hotel is mnr. Joubert Fourie van Limpopo Melkery aangewys as een van die top 10 Meester Suiwelboere in die noordelike streek vir die 2003/4 toetsjaar. Hulle het ‘n derde plek ingepalm in die kategorie vir geregistreerde Holsteinkoeie en ‘n sesde plek vir ongeregistreerde Holsteinkoeie. Buiten hiervoor het hulle ook ‘n 22ste plek ingepalm vir geregistreerde Jerseykoeie.

Limpopo Melkery spog met ‘n gemiddelde melkproduksie van 11 582kg melk per koei oor ‘n 305 dae laktasie periode. Rofweg werk dit uit dat elke koei ‘n gemiddeld van sowat 40 liter melk per dag lewer.

Wat Limpopo Melkery se prestasie merkwaardig maak, is dat hulle in die betrokke streek kompeteer met sowat 1 400 ander soortgelyke boere, volgens ‘n laaste opname. Onder hulle kompetisie is groot name en nasionale telers wat onder meer ook melk verskaf aan Clover. Baie streng kriteria word gevolg om die wenners te bepaal, insluitend melkproduksie en bottervet proteïne inhoud.

Limpopo Melkery het sowat 10 jaar gelede die eerste keer aan die “kompetisie” deelgeneem en moes tevrede wees met ‘n 32ste plek. Die boerderybedryf het egter jaar na jaar gegroei en uitgemunt in kwaliteit en het verlede jaar ‘n agste plek ingepalm vir geregistreerde Holsteinkoeie. Onder diegene wat die melkery gelukgewens het, was verteenwoordigers van Meadow Feeds, die voerverskaffer van Limpopo Melkery, wat Maandag besoek afgelê het by die melkery en ‘n sertifikaat oorhandig het.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines