

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 June 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Bedelary in die dorp is ‘n probleem wat grootliks toeneem. Help dit werklik om ‘n munt aan ‘n bedelaar te gee en hom in ‘n patroon van afhanklikheid te hou?
Hierdie en ander vrae is deur die SAVF onder die loep geneem. Armoede raak toenemend ‘n probleem in die land, streek en dorp.
“Inwoners van Louis Trichardt het seker oor die afgelope paar maande gesien hoe bedelary in ons dorp toeneem. Daar is verskillende redes vir die toename. Die SAVF vra die publiek se samewerking om die bose kringloop te verbreek,” sê mev. Retha Serfontein, maatskaplike werker van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie.
Bedelary gaan dikwels gepaard net substansafhanklikheid soos alkohol en dagga. Wanneer die gewone persoon op straat dus ‘n geldstuk vir die “arme bedelaar” gee, word die afhanklikheidsindroom versterk.
Die missie van die SAVF is om welsynsdienste, welsynsverwante- en ander maatskaplike ontwikkelingsdienste ten opsigte van kinder- en jeugsorg, gesinsorg, bejaarde- en gestremdesorg in gemeenskappe te lewer, tot voordeel van almal wat daarby baat kan vind.
“Dit is ‘n ongesonde situasie dat die publiek geld uitdeel aan ‘n persoon sonder dat hy iets daarvoor gedoen het,” sê mev. Serfontein. Die SAVF glo dat ‘n persoon ‘n teenprestasie moet lewer. ‘n Persoon word gewys op sy eie verantwoordelikheid vir sy situasie, alternatiewe word aan hulle voorgehou en ‘n gevoel van eiewaarde word by hulle gekweek. Die SAVF werk nou saam met kerke wat belangstel en saam word so ‘n persoon dus gevoed, geklee en geestelik opgebou.
Die SAVF doen ‘n beroep op die publiek om saam te werk en bedelaars na die SAVF te verwys en nie net voor die voet geld uit te deel nie. Wanneer ‘n persoon net ontvang sonder om opgebou te word, voel hy later dit is sy reg om gratis kos en geld te ontvang en kom selfs met aggressiewe gedrag na vore as dit hulle geweier word.
Die publiek kan verder help deur skenkings van kos en klere na die SAVF te bring, waar dit gekontroleerd aan bedelaars gegee word. Die SAVF wil ook weet van moontlike werk, al is dit tydelike of los werkies wat die persone kan doen, net om weer menswaardigheid te verkry. Diegene wat wil help met fasiliteite waar die SAVF persone kan laat bad of was, kan met hulle in verbinding tree. Huisvesting of onderdak is ook altyd ‘n groot behoefte. Vir meer inligting benodig, skakel Retha tel. (015) 516 3841.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
