ADVERTISEMENT:

 

Dr. Philip Venter wys na waar die 9mm-koëel die voertuig se deur deurboor het.

Onkundige rower skiet te vroeg, kies hasepad

 

News  Date: 08 July 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Onkundige rower moes hom die afgelope naweek uit die voete maak, nadat hy sy teenwoordigheid met ‘n harde geweerskoot aangekondig het.

Die onkundige rower het Saterdagoggend (2de) vermoedelik sy 9mm-pistool probeer oorhaal sowat 15 meter vanaf Check Out se ingang, maar hy het per ongeluk ‘n skoot laat afgaan. Mev. Anita Wiggill se voertuig het in daardie stadium in die parkeerarea gestaan. Kort nadat die skoot geklap het, het Anita gemerk dat daar ‘n gat in haar kar se deur was.

Dr. Philip Venter, mede-eienaar van Soutpansberg Sektor Polisiëring, het vir Anita by die polisiestasie ontmoet, nadat sy hulp ontbied het. Hy het dadelik ondersoek ingestel om te probeer uitvind wat presies gebeur het.

Dr. Philip het gesê dat die rower vermoedelik Check Out wou beroof, maar weens onkunde die pistool laat afgaan het toe hy dit wou oorhaal. Die patroon is binne Anita se voertuig gevind, waar dit teen die veiligheidsgordel se gespe aan die passasierskant van die voertuig tot stilstand gedwing is. Die skade is tot die kar se deur en veiligheidsgordel beperk.

Dr. Philip het mense in die omgewing van die voertuig ondervra, maar niemand het iets gesien of gehoor nie. Dr. Philip het bygevoeg dat mense nie onnodige items in voertuie moet los, wat tot geleentheidsmisdade kan lei nie. Hy sê dat mense ook baie versigtig moet wees met die toenemende misdaad in die dorp.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines