ADVERTISEMENT:

 

Tyre Track. Foto verskaf.

Statistiek skets maar donker prentjie

 

News  Date: 19 October 2015

 

Hier is die misdaadvoorvalle waarvan die koerant gehoor het by lesers. Nie al die gevalle kon bevestig word nie.

1 Oktober – Diewe breek by die Louis Trichardt Muurbalklub in en buit die watertenk.

2 Oktober -  Die Ledig Plaaswag keer ‘n man voor wat vermoedelik gesteelde goedere in sy besit gehad het. ‘n Klag is gelê, maar die man is vrygelaat.

3 Oktober – Inbraak by NB Feeds te Kleinstraat 51. Dieselfde dag is ‘n winkel in Musina beroof deur drie gewapende mans. Die motor is gesien vlug in die rigting van Louis Trichardt.

8 Oktober – ‘n Wit Izuzu bakkie is gesteel in Naboomstraat.

9 Oktober – Inbraak by Tyre Rack in Rissikstraat, F&U Cellular in Songozwistraat, Bread World en Woodstock. Een verdagte is by Bread World gevang.

12 Oktober - Gewapende roof in Andersonstraat. Volgens die plaaslike polisie is ‘n man beroof deur twee rowers terwyl hy onderweg was om ‘n koevert met geld te gaan aflewer in opdrag van sy werkgewer. Die rowers het weggekom met ‘n onbekende bedrag geld en ‘n selfoon.

12 Oktober – Inbraak by Hi-Cazz in Songozwistraat.

14 Oktober – Twee huisbrake in die omgewing van Munnikstraat.

Intussen het plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane bevestig dat daar nog geen arrestasies gemaak is in die gewapende rooftogte by Absa Bank en Adam's Apple Hotel nie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines