ADVERTISEMENT:

 

Wyle oom Wollie Wolmarans (72). Foto verskaf.

Bekende oud-sakeman sterf

 

News  Date: 22 October 2015

 

Inwoners het die afgelope week met hartseer verneem van die dood van een van die streek se bekende oud-sakemanne, mnr. Mannetjie Wolmarans.

Oom Wollie, soos hy alombekend was, is vroeg Vrydagoggend in die Zoutpansberg Privaathospitaal oorlede. Hy was 72 jaar oud gewees.

Volgens familie het oom Wollie se gesondheid sedert sy vrou Hettie se dood 18 maande gelede stadig begin agteruitgaan. Sowat drie maande gelede het hy geval en sy heup gebreek. ‘n Pen is in sy heup ingeplant, maar oom Wollie het sedertdien nie weer geloop nie en was feitlik permanent bedlêend.

Die afgelope paar weke het sy toestand dramaties versleg. Hy het probleme gehad om te eet en vloeistof in te neem. Dit het daartoe gelei dat hy op 12 Oktober in die privaathospitaal hier opgeneem moes word vir behandeling. Daar is toe bevind dat hy ernstige probleme met sy niere het. Vier dae nadat hy opgeneem is, is oom Wollie oorlede.

Oom Wollie het in Louis Trichardt skoolgegaan en ná 12 jaar se afwesigheid, keer hy in 1972 terug na Louis Trichardt. Hy het ‘n aandeel in die destydse Sandfontein Transport van sy pa se vennoot gekoop. Later het hy Sandfontein Transport verkoop en sy pa se aandeel in Louis Trichardt Stasie Vervoer gekoop.

As sakeman was oom Wollie ‘n Sakeman van die Jaar-wenner. Hy het ook as raadslid op die destydse Louis Trichardt Munisipaliteit gedien.

Oom Wollie word oorleef deur sy kinders, Riaan, Dewald (en skoondogter Edna) en Greta (en skoonseun Joubert Fourie), en vier kleinkinders. ‘n Roudiens vir wyle oom Wollie vind Donderdag, 22 Oktober, om 11:00 vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente in Erasmusstraat plaas.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines