

ADVERTISEMENT:

Generic image
News Date: 23 October 2015
Terwyl daar baklei word oor watervoorsiening aan Louis Trichardt, bly inwoners se krane steeds droog en is die antwoorde min.
Die dorp se nuutste vlaag watertekorte kon nie op 'n slegter tyd kop uitgesteek het nie.
Te midde van die onlangse hittegolf het inwoners se krane vir die soveelste keer hierdie jaar weer droog geloop. Dit was hierdie keer so erg dat inwoners met watertenks by hul huise se watervoorraad ook opgeraak het.
Die Vhembe Distriksmunisipaliteit (VDM), wat verantwoordelik is vir die bestuur van die dorp se water- en voorsieningsnetwerk, het vandeesweek prontuit erken dat dinge by die Alabsinidam “onder geweldige druk is.”
Dit was die woorde van mnr. Matodzi Ralushai, VDM-woordvoerder. Hy het verder verduidelik dat hy verwys na die pypnetwerk wat water van die dam na die dorp se reservoirs gelei. “Die netwerk is oud. Ons kan nie meer voorbly met die herstelwerk nie,” het Ralushai Woensdag gesê.
Ralushai het verduidelik dat, in die tyd wat daar die laaste twee weke min tot geen water in die dorp was nie, die munisipaliteit besig was om lekke te herstel. Volgens Ralushai was daar massiewe lekke gewees. “Dit is waarom ons, as die munisipaliteit, ons aksieplanne nou op ‘n dringende basis wil afhandel,” het Ralushai bygevoeg. Wat die aksieplanne betref, het hy gesê dat die pyplyn wat water na die Mowkop-reservoir naby Flambojantstraat van water voorsien tans die munisipaliteit se hoofprioriteit is.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
