ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Groener leefwyse kan verbruikers duisende spaar

 

News  Date: 24 October 2015

 

Met lewenskostes wat by die maand die hoogte in skiet, is dit dalk tyd om ‘n groener leefwyse na te streef.

Dit beteken nie noodwendig dat lesers nou dadelik sonverwarmers- en panele ten duurste moet aanskaf nie. Die Zoutpansberger het plaaslik rondgevra en nog ‘n bietjie verder gaan soek na lae-koste wenke om te spaar op hul elektrisiteitsrekeninge.

* Maaltye wat voorberei word op die stoof bespaar meer elektrisiteit as dié wat in die oond gaargemaak word. Boonop sal die huis koeler wees met die oond wat ‘n blaaskans kry.

* Saam met die oond is die tuimeldroër een van die grootste sondebokke wat elektrisiteit by die emmers vol gebruik. Kyk eerder of jy vir die son kan wag om jou klere droog te kry. Op ‘n reënerige dag, wring wasgoed goed uit met die wasmasjien se draaisiklus, skud dit goed (om kreukels en stryktyd te verminder) en hang dit op ‘n binnenshuise droograk.

* Huisvrouens weet dit al vir dekades: 'n Stoom strykyster vreet kilowatts, so probeer net stryk wanneer dit nodig is.  Goed soos onderklere (niemand sien dit in elk geval nie), lakens, slaap- en oefenklere hoef nie eksie-perfeksie te lyk nie - hulle is mos klaar skoon, of hoe?

* Hou die termostaat op ’n elektriese geyser tussen 55 °C en 60 °C.

- Wie waardeer nie ‘n swembad in die somer nie? Gebruik egter liefs die swembadpomp net vier tot ses ure per dag in die somer en twee tot drie ure in die winter.

- Skakel ligte en die televisie af as jy die vertrek verlaat.

- Moenie so lank stort nie; verkieslik twee minute.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines