ADVERTISEMENT:

 

Strawwe boetes vir verkeersoortredings

 

News  Date: 22 July 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Verkeersoortreders se onwilligheid om gehoor te gee aan verkeersreëls sal hulle voortaan baie duurder te staan kom.

Die Makhado Munisipaliteit het die afgelope week aangekondig dat boetegeld vir verkeersoortredings verhoog het. Die nuwe boete is vasgestel en goedgekeur deur die plaaslike landdroshof in ‘n veldtog om verkeersboetes in die Limpopo Provinsie te standaardiseer.

Mnr. Martin Luus van die plaaslike Verkeersafdeling het Woensdag ‘n paar van die meer algemene oortredings en hul nuwe boetegeld uitgelig.

Persone wat versuim om by ‘n stopstraat te stop, sal voortaan R1 500 moet opdok as boetegeld, terwyl soortgelyke boetes van toepassing is vir motoriste wat ‘n rooi verkeerslig verontagsaam of ‘n onwettige U-draai maak.

Sou ‘n persoon gevang word wat versuim het om sy veiligheidsgordel aan te sit, is die boete R200, terwyl persone wat praat op ‘n selfoon terwyl hulle bestuur R700 beboet sal word. Die boetegeld vir die onwettige stop op die ryvlak (veral van toepassing op minibus-taxis wat enige plek tot stilstand kom), dubbelparkering en parkering op ‘n laaisone is R300. Persone wat, ten spyte van die feit dat hulle ‘n geldige bestuurslisensie het, nie hul bestuurderslisensie kan toon wanneer hulle afgetrek word nie, sal ‘n boete van R250 moet betaal.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines