ADVERTISEMENT:

 

Die polisie het al talle operasies by die plaaslike stortingsterrein gehou om die probleem van mense wat daar onwettig plak, aan te spreek. In September het hulle weer van hierdie mense se plakkershuise verbrand.

“Asgatbewoners” moet vasgevat word

 

News  Date: 30 October 2015

 

Nog ‘n inwoner van die Vondeling-plotte, dr. Suwil Rudolph, het sy misnoeë uitgespreek met die veiligheidsituasie van die area na ‘n wrede plaasaanval op ‘n gesin van die omgewing die afgelope naweek.

Rudolph, wat ook ‘n bekende plaaslike prokureur is, woon al ‘n geruime tyd op sy plot langs die Vondeling-pad (wat verby die munisipale stortingsterrein loop) net buite Louis Trichardt. Hy meen misdaad het toegeneem vandat daar nie meer streng beheer toegepas word op die “asgatbewoners” nie. “Dit is ‘n gemors. Dié inwoners skep ‘n teelaarde vir misdaad en hulle getalle neem toe by die dag,” het Rudolph Maandag aan die koerant gesê.

Volgens Rudolph is daar ‘n definitiewe toename in misdaad. “Dit help nie die polisie brand elke kort-kort hulle plakkershuisies af nie; hulle moet die situasie deurentyd polisieer,” het hy gesê.

Buiten dat die plakkers onwettig op die vullisterrein bly, betree hulle ook privaateiendom. Rudolph het verwys na die plakkershutte wat die “inwoners” oorkant die ingang van die vullisterrein in die bosse opgerig het. Hy het ook gesê dat die munisipaliteit by magte is om die mense aan te tree, weens al die omgewingswette wat hulle ook oortree. “Wat help dit mens het al die wette en niemand polisieer dit nie?” het Rudolph gevra.

Die Makhado Polisie het gedurende September vanjaar nege onwettige plakkershutte oorkant die vullisterrein ontruim en afgebrand. Ten tye daarvan het hulle bevestig dat van die ‘inwoners’ wat daar verwilder is plaaslik sowel as van Zimbabwe afkomstig was. Dié wat vanaf Zimbabwe afkomstig was, het glo geldige permitte gehad.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines