ADVERTISEMENT:

 

Wyle Hannie Jacobs (74). Foto verskaf.

Bekende sakeman sterf skielik in hospitaal

 

News  Date: 05 November 2015

 

Die nuus van mnr. Hannie Jacobs se skielike dood Dinsdag het as groot skok vir talle inwoners gekom.

Hannie is gedurende die vroeë oggendure van 3 November in die Zoutpansberg Privaathospitaal oorlede. Hy was 74 jaar oud. “Dit is met ‘n swaar hart dat ons as familie en vriende afskeid neem van ‘n groot gees in die gemeenskap,” het dogter Louise gesê. Hannie was ‘n welbekende plaaslike sakeman, duiweboer en uiters kranige gholfspeler.

‘n Roudiens vir wyle Hannie vind plaas op Maandag, 9 November, om 10:00 vanuit die Hervormde Kerk in Louis Trichardt. Hy word oorleef deur sy kinders Linda (en skoonseun Howard Pennells), Vic Jacobs (en skoondogter Kotie), Matty Swart en Louise (en skoonseun Theo Lordan), asook kleinkinders Jessica, Samantha, Tiffany, Johan, Matty en Louis, en agterkleinkind Lucas.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal vir hulle boodskappe van vertroosting en medelye, drs. Anneke Malan en Fred Badenhorst, die personeel van Zoutpansberg Privaathospitaal en oom Dries van Martin’s Funerals. “Spesiale dank aan tannie Marietjie le Roux wat die laaste paar maande my pa se sielsgenoot was,” sê Louise. 

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines