

ADVERTISEMENT:

News Date: 29 July 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die plaaslike landdroshof het Vrydag (22ste) alle klagte teen mnr. Gordon Spence (56) voorlopig teruggetrek.
Mnr. Spence se verskyning in die hof hou verband met ‘n voorval by sy plaaswoning net buite Louis Trichardt einde Junie. Hy het beweer hy is deur twee mans by sy woning oorval wat hom ondermeer geïntimideer en te lyf gegaan het. Dit, sê mnr. Spence, het hom genoop om drie waarskuwingskote af te vuur - twee in die plafon in en een in die grond.
Die insident het baie reaksie ontlok, veral ten opsigte van die polisie se optrede in die saak. Na die polisie se aankoms op die toneel is mnr. Spence summier gearresteer op klagte van poging tot moord. Hy is daarna in die polisieselle saam met geharde misdadigers opgesluit. Dit was slegs na die ingryping van sy regsverteenwoordigers dat mnr. Spence vrygelaat is, maar eers nadat vier verdagtes hom in die selle gedreig het dat hulle hom gaan sodomiseer. Hy moes homself aggressief verdedig en ook veg om sy skoene en klere te behou. Al bogenoemde kom te midde daarvan dat mnr. Spence aanvanklik die polisie geskakel het om hom te kom beskerm teen twee aanvallers. Tydens mnr. Spense se eerste verskyning in die hof is die klagte teen hom verander na die nalatige afvuur van ‘n vuurwapen.
Mnr. Spence het na sy hofverskyning gesê dat hy nie die saak daar gaan laat nie. Hy sê hy het reeds sy regsverteenwoordiger opdrag gegee om ‘n siviele eis teen die polisie in te stel. Hy beweer die polisie het hom onregmatig gearresteer, toegesluit en willens en wetens uitgelewer aan die genade van geharde misdadigers.
“Die polisie het geweet ek gaan aangeval word toe hulle my in die sel ingestamp het. Om in so ‘n sel toegesluit te word, is deesdae ‘n doodsvonnis. Binne sekondes is ek aangeval,” sê mnr. Spence. Hy sê egter hy is dankbaar dat hy sy aanvallers in die sel kon afweer.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
