

ADVERTISEMENT:

News Date: 29 July 2005
MAKAHDO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Voormalige werknemer van Soutpansberg Petroleum, Renier Basson (22), is hier in die plaaslike landdroshof skuldig bevind op 21 aanklagte van diefstal.
Daar is bevind dat Basson sy posisie as verteenwoordiger in diens van Soutpansberg Petroleum misbruik het. Hy het brandstof vir sy eie persoonlike gebruik aangewend en het dus ‘n wederregtelike daad gepleeg deur van sy werkgewer te steel. Basson het brandstof ter waarde van sowat R170 600 gesteel.
Basson is in totaal sewe jaar gevangenisstraf opgelê - vier maande gevangenisstraf op elk van die 21 klagte. Hy is deur hof gelas om bogenoemde bedrag in maandelikse paaiemente van R4 000 per maand terug te betaal. Sou hy versuim om die maandelikse paaiement te betaal of hom skuldig maak aan ‘n soortgelyke klag, sal hy die sewe jaar vonnis moet uitdien.
Uit die vonnis blyk dit duidelik dat daar baie ernstig opgetree gaan word teen persone wat van hul werkgewers steel.

ADVERTISEMENT:
