

ADVERTISEMENT:

News Date: 05 August 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Mosambiekse burger, Samuel Maluleke (67), is op 25 Julie verhoor en skuldig bevind aan die onwettige besit van 130 diervelle.
Maluleke is oorspronklik van Mosambiek, maar woon al reeds ‘n geruime tyd in Suid-Afrika weens ‘n verblyfpermit wat aan hom toegestaan is.
Maluleke het in die noordelike deel van die Nasionale Kruger Park probeer om 130 wildvelle, waaronder ‘n luiperdvel, 126 muskeljaatkatvelle en drie vaalboskatvelle, uit die wildtuin te smokkel toe hy met die velle betrap is.
Maluleke is skuldig bevind aan die besit van wildvelle en is ‘n direkte vonnis van 21 maande gevangenisstraf opgelê. Die voertuig wat hy van ‘n vriend geleen het en wat in die smokkelpoging gebruik is, is aan die staat verbeurd verklaar. Wildstropers moet gewaarsku wees dat die staat nie dié onwettige gedrag sal duld nie en dat daar streng teen alle oortreders opgetree sal word.

ADVERTISEMENT:
