

ADVERTISEMENT:

News Date: 30 April 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARD) – André Naudé, 'n Graad 10-leerder van Hoërskool Louis Trichardt, het sy ouer mededingers uitgestof in die ATKV Redenaarskompetisie op Tzaneen op 21 April en dring nou deur na die semi-finaal.
In die redenaarskompetisie op Tzaneen het André homself in die senior afdeling onderskei as een van die vier wenners wat deurdring na die semi-finaal wat op 21 Mei op Bela-Bela gehou sal word.
Mev. Helena Lourens, onderwyseres gemoeid met redenaars, sê dat sy gelukkig voel oor die terugswaai van die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging) na 'n klem op die redenaars se eie werk.
"Hulle word deesdae gepenaliseer as dit blyk dat dit nie hulle eie werk is nie," sê mev. Lourens.
Lourens was ook baie trots op André se onvoorbereide toespraak oor die onderwerp Het die grondwet vir jou persoonlik betekenis?
"André het hom baie goed van sy taak gewyt en in sy onvoorbereide toespraak die grondwetartikels by die nommer genoem om sy argumente te staaf," sê mev. Lourens.

ADVERTISEMENT:
