ADVERTISEMENT:

 

Ian Michael Potgieter. Foto: SAPD.

Beweerde bedrieër in tronk opgespoor

 

News  Date: 05 December 2015

 

‘n Man wat besighede regoor die land loop en bedrieg het, is voor stok gekry danksy ‘n vrou van Louis Trichardt.

Ian Michael Potgieter (45) het Dinsdag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op ‘n klag van bedrog. Dié klag hou verband met twee kragopwekkers, ter waarde van R26 000, wat Potgieter na bewering uit Transform Electrical Wholesalers hier in die dorp gekul het.

Potgieter het glo op 28 Julie vanjaar die kragopwekkers by Transform Electrical gekoop en met ‘n elektroniese oorbetaling daarvoor betaal. Hy het glo die betaling op die besigheid se eie rekenaar gedoen, en die eienaars het eers ‘n paar dae later snuf in die neus gekry toe die transaksie nie op hul state gereflekteer het nie.

Die eienaars het Potgieter glo herhaaldelik gekontak vir die geld, sonder enige sukses. Sowat twee maande later het hulle per toeval inligting op die Internet raakgeloop oor ‘n ene Ian Michael Potgieter wat buiteband-besighede in Centurion se omgewing ingeloop het. Transform Electrical het dadelik die Makhado Polisie genader met die inligting en gevra dat die saak ondersoek word.

Dit het die polisie ‘n verdere twee maande geneem voor hulle dié Ian Michael Potgieter opgespoor het - in die Pollsmoor gevangenis in Kaapstad. Daar word vermoed dat dié Potgieter dieselfde een is wat Transform Electrical bedrieg het. Verder ondersoek die polisie ook die moontlikheid dat Potgieter positief verbind kan word met nog 10 ander bedrogklagte, versprei regoor die land.

Potgieter het Woensdag weer verskyn en sy saak is uitgestel tot en met 8 Desember.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines