

ADVERTISEMENT:

Die wrakstukke van die Robinson-44-helikopter waarin De Clerq van Heerden en Roxanne van der Bank gevlieg het, voordat dit neergestort het. Foto: Limpopo SAPD.
News Date: 07 December 2015
Die Desembervakansie het met groot hartseer begin vir die Musina-gemeenskap, nadat twee inwoners Woensdag oorlede is toe die helikopter waarin hulle was neergestort het.
Volgens die polisie het mnr. De Clerq van Heerden, saam met sy passasier, mev. Roxanne van der Bank, kort na 05:00 van ‘n plaas noord van Musina opgestyg. Kort nadat hulle opgestyg het, het die helikopter suid van die dorp, naby die Musina Gholfbaan, neergestort.
Die Robinson 44-helikopter is in stukke opgebreek met die impak.
Provinsiale polisiewoordvoerder lt-kol. Ronél Otto het Woensdag gesê Van Heerden en Van der Bank is op die toneel dood. Volgens Otto is dit nog onduidelik wat die oorsaak van die ongeluk is. Intussen het die polisie 'n geregtelike doodsondersoek geopen, terwyl Otto ook bevestig het dat Burgerlugvaart ondersoek sal doen.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
