ADVERTISEMENT:

 

Ds. Harm Bonnema.

Beminde Dominee Harm herstel na beroerte

 

News  Date: 12 August 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – “Dit gaan al klaar baie beter, dankie. Ek word moeg en het nie altyd al die krag nie, maar ek behoort vandeesweek weer in te val by my gewone roetine.”

Ds. Harm Bonnema klink steeds sy blymoedige self, terwyl hy vandeesweek tuis by navraag vertel van die beroerte-aanval op Saterdag, 23 Julie. Die hele gemeenskap het met besorgdheid gereageer op nuus van die ongesteldheid van dié beminde leraar.

Ds. Bonnema moes die betrokke aand inderhaas na die Vereeniging Medi-kliniek geneem word. Mev. Hannetjie Bonnema het hom daarheen gebring en hy is onmiddellik in die intensiewe sorgeenheid opgeneem vir waarneming, toetse en behandeling. Hy is gediagnoseer met trombose in die brein.

“Gelukkig was dit in die regterkant van die brein wat, volgens die dokter, die kanse op herstel heelwat beter maak.”

Hy is na vyf dae ontslaan en is sedert verlede Sondag by die huis.

“Die dokter sê dis belangrik om die bloed so dun as moontlik te hou.”

Ds. Harm is besonder dankbaar vir die besorgde reaksie van die gemeenskap.

“Ek en Hannetjie wil almal hartelik bedank wat vir ons bid, aan ons dink, SMS’e gestuur, gebel, besoek en bemoedig het,” sê ds. Harm.

Die roetine waarheen ds. Bonnema vandeesweek reeds wil terugkeer, sluit sy gereelde gewaardeerde besoeke by die ouetehuis in.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines