ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Johan Furstenberg.

Johan is provinsie se Jongboer van die Jaar

 

News  Date: 12 August 2005

 

LEVUBU - ‘n Jong boer van Levubu, Johan Furstenberg, is voorverlede week as Agri-SA se Toyota Jongboer van die Jaar vir Limpopo aangewys.

Johan het stof in die oë van vier ander gekeurde kandidate geskop, toe hy by die gala-aand in Polokwane aangewys is as die provinsiale wenner. Hy sal in Oktober vanjaar teen die agt ander provinsiale wenners in die nasionale kompetisie meeding.

“Die kompetisie is straf en handhaaf ‘n hoë standaard,” sê Neels Maritz, voorsitter van Agri-Albasini in Levubu.

“In die voorafgaande keuring is goeie landboukundigepraktyke deeglik getoets, maar is daar ook ondermeer fyn gekyk na finansiële vaardigheid, gemeenskapsbetrokkenheid, goeie arbeidspraktyke, leierseienskappe en toekomsvisie.

“Ons Levubu-boere is trots op Johan se prestasie, ook omdat die toekenning die landboukundige standaard in ons vallei weerspieël. Behalwe dat die Levubu Vallei onder grondhervormingsdruk gebuk gaan, word dit by die dag moeiliker om in die snelveranderende landbou-omgewing, hier en internasionaal, suksesvol te kan boer,” sê Maritz.

Johan het prysgeld in die rondte gewen en staan ‘n kans om die nuwe Toyota Hi-Lux 4x4 in die nasionale kompetisie in Oktober te wen. Die ander gekeurdes in die provinsiale kompetisie was Pieter Vorster van Magoebaskloof, Jacques Willemse van Weipe, Combrink Venter van Soekmekaar en Piet Esterhuyse van Weipe.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines