ADVERTISEMENT:

 

Oom Theuns se orgideë kry voete

 

News  Date: 12 August 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - ‘n Baie hartseer mnr. Theuns Coetzee van Eden Tuindienste het verlede week vertel hoe 180 van sy baie mooi en waardevolle orgideë by hom gesteel is terwyl hy besig was om te verhuis.

Dit het alles so twee weke gelede gebeur by Rietbokstraat 83. Theuns het sy orgideë in ‘n stoorkamer gebêre tot hy later die pragtige en delikate plante sou verskuif na sy nuwe woning in De Vaalstraat. ‘n Totaal van 180 orgideë is gesteel, waarvan daar ‘n verskeidenheid van vier verskillende soorte was.

Dié baie waardevolle plante se waarde is ongeveer R28 000 en dit is vir enige plantliefhebber ‘n baie groot verlies. Die orgideë was deel van Theuns se lewe en hy het baie tyd, liefde en aandag aan die stokperdjie spandeer. Hy het ‘n beroep gedoen op die skuldiges wat sy orgideë gesteel het om asseblief die plante aan hom terug te besorg, maar indien hulle nie wil nie, moet hulle asseblief net mooi na die plante omsien. Hy sê dat plante het baie liefde en aandag nodig om te kan oorleef.

Enige persoon wat oor besonderhede oor die diefstal beskik of selfs dié wat dit weer aan Theuns wil terugbesorg kan hom skakel by tel. 072 210 7755.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines