ADVERTISEMENT:

 

Gewilde Cliviafees om die draai

 

News  Date: 12 August 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die gewilde Cliviafees van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente het al ‘n jaarlikse instelling geword waarna besoekers uitsien en word vanjaar vanaf 25 tot 28 Augustus aangebied.

‘n Nuwigheid by vanjaar se fees is die kermesse of sirkelroete-kompetisie vir fietsryers.

Buiten die gewone heerlike basaarstalletjies, is die pragtige cilvias ‘n groot aantrekkingskrag. Die fees word op die kerk se terrein en by die kerksaal aangebied. Diegene wat cliviaplante wil uitstal, clivias wil verkoop of wil deelneem aan die blomme rangskikkingkompetisie, word uitgenooi om so gou moontlik die organiseerders in kennis te stel.

Op Donderdagoggend (25ste) sal ‘n blommerangskikkingswerkswinkel plaasvind, waarna die beoordeling van die rangskikkings die middag sal plaasvind. Die inskrywing van die Cliviaplante sal ook die middag plaasvind met die beoordeling van die cliviaplante dieselfde aand.

Op Vrydag (26ste) sal die fees om 10:00 begin en al die stalletjies sal oop wees tot 17:00. Saterdag kan mense al vanaf 08:30 kom besoek aflê. Om 10:00 sal Mnr. en Mej. Clivia Petite aangewys word na aanleiding van ‘n fotokompetisie wat vooraf plaasvind. Die prysuitdeling vir die Cliviaplante en Clivia blommerangskikkings sal ook die oggend plaasvind.

Saterdag, om 14:00, spring die fietsryers weg. Daar sal ‘n 5km, 10km en 15km sirkelroete wees. Die prysuitdelings sal geskied soos elke groep inkom. Vir die belangrike rugbytoets sal daar ook ‘n groot skerm by die terrein opgestel word.

Seuntjies en dogtertjies tussen 4 en 9 jaar wat in die Mnr. en Mej. Clivia Petite fotokompetisie belangstel, kan gereedmaak om op 18 en 19 Augustus afgeneem te word. In hierdie verband kan Anneke geskakel word by 083 326 6073 of Linda by 082 652 5924.

Clivia uitstallers word genooi om Anneke by bogenoemde nommer te skakel of Zanette by 084 570 0347. Diegene wat aan die blommerangskikkingkompetisie wil deelneem, kan Greta skakel by 082 820 4648 skakel. Persone in albei hierdie kategorieë word gevra om so gou moontlik, maar nie later nie as 20 Augustus, hul plek te bespreek.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines