ADVERTISEMENT:

 

Nog een van Pietman Muller se foto’s wat die foto vir Oktober 2016 sal wees.

Fotokalender-kompetisie 2016- Wenners

 

News  Date: 10 December 2015

 

Die stemme is getel en die Zoutpansberger en Limpopo Mirror kan hierdie week die name van die gelukkige wenners van ons jaarlikse fotokalender-kompetisie vir 2016 bekend maak.

Alhoewel daar vanjaar heelwat minder inskrywings as vorige jare was, het ‘n paar van die streek se fotograwe wel ‘n paar praginskrywings opgelewer. Daar is ook weer ‘n paar wenners van vorige jare se kompetisie met een of twee wat meer as een weninskrywing opgelewer het. Soos gewoonlik is die beoordeling deur die totale personeelkorps van die koerantgroep hanteer. Ná ‘n aanvanklike sifting was daar 24 moontlike wenfoto’s uitgespeel, waarvan 12 gekies moes word. Die beoordelaars het nie vooraf geweet wie die fotograwe is wie se foto’s uitgespeel is nie.

Fotograaf Christo Tait, wat by meer as een geleentheid ‘n wenner was, se inskrywings het weereens uitgestaan. Vier van sy inskrywings is as wenners aangewys en hy steek R2 800 (4 x R700) se prysgeld in die sak.

Pietman Muller, wat ook al vir ‘n paar praginskrywings in die verlede gesorg het, het drie plekke gekry in die koerant se 2016-fotokalender. Dit besorg aan hom ‘n ekstra R2 100 aan prysgeld om hierdie vakansie te spandeer.

Sandra Boshoff is ook nie vreemd aan die kompetisie nie. Sy spog vanjaar met twee weninskrywings en R1 400 in prysgeld.

Van die gelukkige wenners wat elk een weninskrywing opgelewer het, was Johan van Heerden, Wouter Veldman en Quintis Richter. Hulle wen elkeen R700 vir hul moeite.

“Baie geluk aan al die wenners. Ons nooi die streek se fotograwe om nou reeds hulle kameras gereed te hou om daardie pragfoto te neem wat moontlik volgende jaar ‘n wenner kan wees,” het Andries van Zyl, nuusredakteur van die Zoutpansberger gesê. Al die wenners ontvang elkeen ook vyf gratis kalenders.

Die kalenders sal hoofsaaklik deur die koerantgroep vir bemarkingsdoeleindes gebruik word. ‘n Hoeveelheid daarvan sal egter ook aan die publiek te koop aangebied word teen R50 elk. Dié kalenders sal vanaf Maandag, 4 Januarie, 2016 by die koerant se kantore te Joubertstraat 16B, Louis Trichardt, beskikbaar wees.

Meegaande is die 12 wenfoto’s wat in die Zoutpansberger en Limpopo Mirror se 2016-kalender opgeneem is.  

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines