ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Kragonderbrekings veroorsaak skade

 

News  Date: 17 December 2015

 

Inwoners wat in en rondom Levubu woon sukkel al ‘n geruime tyd met voortdurende kragonderbrekings.

Daar is verlede week berig ontvang dat van die inwoners reeds vir drie tot vier dae aanmekaar sonder elektrisiteit moet klaarkom. Van hierdie inwoners het duisende rande se skade opgedoen as gevolg daarvan. Daar was dié inwoners wat al hul yskaste se inhoud moes wegsmyt tot die wat nuwe yskaste moes aanskaf, nadat die kragonderbrekings veroorsaak het dat die elektriese motors skade opdoen.

Die Makhado Munisipaliteit het vandeesweek, in antwoord op vrae van die Zoutpansberger, bevestig dat die Southdown-lyn (wat elektrisiteit na Levubu voer) beskadig is deur weerlig die laaste drie weke. Woordvoerder vir die munisipaliteit mnr. Louis Bobodi het gesê dat die stadsraad se huidige hulpbronne hulle tans net in staat stel om nood-instandhoudingswerk te doen aan kraglyne wat buite werking is. “Die munisipaliteit het ‘n groot agterstand in beplande en onbeplande instandhoudingswerk aan die netwerk,” het Bobodi Maandag in ‘n e-pos gesê. Hy het spesifiek verwys na ontbossingswerk wat nie gedoen is as dit reën nie, wat ook ‘n groot bydraende faktor is tot die huidige onbeplande kragonderbrekings.

Oor die naweek was inwoners van Louis Trichardt ook telkens sonder kragtoevoer, alhoewel hierdie onderbrekings in die koerant aangekondig is. Die rede vir die onderbrekings was om noodsaaklike herstelwerk te verrig.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines