

ADVERTISEMENT:

Wyle oom Chris de Jager (100). Foto verskaf.
News Date: 18 December 2015
Inwoners van die Soutpansberg het die afgelope week met hartseer verneem van die dood van een van sy voorwaar legendariese figure.
Oom Chris de Jager is Vrydag, 11 Desember, in die ryp ouderdom van 100 in Pretoria oorlede.
Wyle oom Chris het diep spore in die Soutpansberg getrap, eers weens sy jarelange verbintenis met die onderwys, en later as toegewyde geestelike werker. Tot diep in sy negentigs het hy getrou evangelisasiewerk in die dorp se gevangenisse gedoen. Hy het ook die grond op sy plaas Clouds End beskikbaar gestel vir die oprigting van die verligte kruis wat reeds ‘n bekende landmerk vir Louis Trichardt geword het.
Baie lesers sal die brutale plaasaanval op wyle oom Chris en sy eggenote tannie Matilda onthou in Junie verlede jaar. Kort na die aanval het die egpaar besluit om die plaaslewe vaarwel te roep en het hulle verhuis na ‘n ouetehuis in Parys. Meer onlangs het hulle weer verhuis na ‘n versorgingsoord in Pretoria.
Wyle oom Chris se gesondheid was die afgelope paar maande nie goed nie. Hy het op 30 September sy 100ste verjaardag gevier, op die dag wat hy uit die hospitaal ontslaan is. Daarna het sy gesondheid verder versleg.
Wyle oom Chris word oorleef deur sy vrou Matilda (89), seuns Hennie (eggenote Annatjie), Johann en Kobus (eggenote Zelda), asook 10 kleinkinders en ses agterkleinkinders. ‘n Roudiens vir wyle oom Chris vind eerskomende Vrydag, 18 Desember, om 10:00 in Pretoria plaas. Vir meer inligting hieroor, kan Hennie geskakel word by tel. 082 326 9211.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
