ADVERTISEMENT:

 

Standbeeld om Venda-leier te vereer

 

News  Date: 26 August 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Te midde van die Hooggeregshofsaak oor die omstrede naamsverandering van die dorp Louis Trichardt na Makhado, is owerhede tans druk besig met die oprigting van ‘n standbeeld ter ere van die eertydse Venda-leier, Makhado.

Talle persone het reeds hul verbasing uitgespreek oor die owerhede se voortgesette gebruik van die naam Makhado, alhoewel die naamkwessie nog nie afgehandel is nie. Diegene wat gekant is teen die omstrede naamsverandering is van mening dat die oprigting van die standbeeld “voortydig” is.

Die standbeeld van Makhado sal op 10 September deur die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, mnr. Joseph Maswanganyi, by die toerisme-inligtingskiosk hier onthul word as deel van die provinsiale Erfenismaandvieringe. Die projek ter waarde van R250 000 is behartig deur die provinsiale Departement van Sport, Kuns en Kultuur.

In ‘n artikel uitgereik deur die regering se mediamondstuk, BuaNews, word ‘n woordvoerder van die betrokke departement, Mbangiseni Masia, aangehaal as dat die oprigting van die standbeeld deel vorm van die provinsiale regering se pogings om helde te vereer wat teen kolonialisme geveg het. Hy noem verder dat hierdie tipe verering van helde ‘n manier is om die land se erfenis te beskerm sodat die nageslag die vryheid kan waardeer wat teweeg gebring is deur die “heldhaftige oorloë wat deur die konings” geveg is.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines