ADVERTISEMENT:

 

‘n Kliënt van Aroma Delicatessen kyk na die opening in die solderdak wat inbrekers verlede week ongeoorloofde toegang tot die winkel verleen het.

Aroma se inbrekers het 'n soet tand

 

News  Date: 26 August 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - ‘n Inbraak by Aroma Delikatessen in die Ackermansentrum in Rissikstraat is omhul van onsekerhede, maar die polisie word geloof vir hul vinnige reaksietyd.

Donderdagaand (18de), of dalk in die vroeë oggendure van Vrydag, het inbrekers ‘n gat in die daksolder gemaak en die perseel binnegedring.

“Hulle kon nie so honger gewees het nie, want hulle het nie kos gevat nie. Hulle het wel ses koeke gesteel,” sê bestuurder en mede-eienaar Verna Smith. Verder word die kluis met R600 kontant daarin, ‘n hoëtrou klankstel, ‘n elektriese boor, sigarette en een karton hoofpynpille vermis. Daar is ook aan ‘n stuk kaas gehap. Die eienaar wonder waarom die mikrogolfoond en die faksmasjien agter die toonbank nie geneem is nie. Alles agter die toonbank is in chaos aangetref.

Die forensiese deskundiges was Vrydagoggend vinnig op die toneel, maar het geen vingerafdrukke gevind nie. ‘n Sigaretstompie en die gehapte kaas laat egter die hoop dat die misdadigers uiteindelik geïdentifiseer sal kan word.

Smith sê dat die polisie baie flink gereageer het. Een van die speurders wat bo-op die solder geloop het om die opening in die dak te ondersoek, het ‘n gat deur die plafon getrap, maar gelukkig nie seergekry nie. Trappies lei van die solder af na die winkel.

Die eienaar van die Ackermansentrum, mev. Dienie Ackerman, het die skade aan die solderdak nog die Vrydag herstel om die moontlikheid van ‘n tweede besoek deur die skelms te verminder.

Die inbrekers het blykbaar deur die erf agter die winkel gekom.

Die ondersoekbeampte in die saak is inspekteur Koos Khoza en teen druktyd is daar nog geen arrestasies gemaak nie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines