ADVERTISEMENT:

 

Plaaslike digter Jan de Bruyn is uitgenooi om op te tree by Versindaba, die eerste groot Afrikaanse poësiefees in die geskiedenis.

Plaaslike digter skuur skouers met land se beste

 

News  Date: 26 August 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Plaaslike digter Jan de Bruyn is uitgenooi om op te tree by Versindaba - die eerste groot Afrikaanse poësiefees in die geskiedenis.

Versindaba word gehou in die HB Thom-teater in Stellenbosch op 9 en 10 September. Nasionale en internasionale poësiefeeste is in sommige lande baie bekend, maar vind nou vir die eerste keer in Suid-Afrika plaas. Heel gepas word die Versindaba bekendgestel in die vorm van ‘n gedig deur Philip de Vos -

Welkom by ons Versindaba:

‘n nuwe Afrikaanse baba.

Hier is digters en poëte:

Heel-vernaam of half vergete.

Hier is kleintjies; hier is grotes

Ook in gees reeds dié wat dood is.

Of dit fraai of goor of gek is

Elken sing soos hy gebek is.

Jan de Bruyn sal van sy eie gedigte voorlees by die Versindaba. Hy tree op saam met talle bekende digters waaronder ook verlede jaar se Hertzogprys-wenner, HJ Pieterse, en Ilse van Staden, wenner van die Ingrid Jonkerprys, Lina Spies, George Weideman en Petra Müller. Die uitnodiging om by die Versindaba op te tree, kom na aanleiding van vier radiouitsen-dings en goeie resensies van De Bruyn se bundel Witvuurlig. Dié digbundel het verlede jaar bekendstellings in Stellenbosch, Johannesburg en Louis Trichardt gehad.

Buiten die poësie voorlesings is daar ook ‘n vasvra van digters teen die media, gesprekke oor die stand van Afrikaanse poësie en paneelbesprekings. Die Versindaba sluit af met ‘n interessante Bekgeveg waar digters uit die vuis gedigte moet maak oor onderwerpe wat die gehoor voorstel.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines