ADVERTISEMENT:

 

Luanri Fick (18) het opslae gemaak in die haarkapperbedryf deur vir Suid-Afrika uitgenooi te word na Amsterdam vir die gesogte Goldwell Elumen Toekennings.

Drie top toekennings vir plaaslike haarkapper

 

News  Date: 02 September 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die jong sensasie in die haarkapperbedryf, Luanri Fick, het weer opslae gemaak.

Op een dag het Luanri (18) driedubbele goeie nuus ontvang, sodat sy haarself amper moes knyp om seker te maak dis nie ‘n droom nie. Haar driekuns behels dat sy uitgenooi is na Amsterdam vir die gesogte Goldwell Elumen Toekennings, na Kaapstad vir die Wella Apprentice Make Over kompetisie en dat sy na drie jaar se studies haar finale haarkapperseksamen aan die Tswane Universiteit van Tegnologie geslaag het.

Vir die Goldwell Elumen kompetisie het Luanri foto’s ingestuur van ‘n plaaslike haarmodel, Chazelle Boersma, wie se hare sy gesny, gekleur en gestileer het. Eersdaags gaan Luanri en haar model na Gauteng waar die hele proses herhaal sal word en daar gefotografeer sal word. Die foto’s sal dan in die internasionale Elumen-bemarkingsveldtog gebruik word en gepubliseer word in die Elumen Toekenningsboek vir 2005, asook in die Suid-Afrikaanse Haarkappersjoernaal. Luanri sal die Elumen Wenners Gala-aand op 29 Oktober in Amsterdam bywoon.

“Ek sien baie uit na Amsterdam en wil ‘n paar ekstra dae aanbly,” sê Luanri.

Verlede jaar was Louis Trichardt ook in die nuus toe die bekende haarkapper, Connie de Sousa, een van die drie Suid-Afrikaanse wenners was wat Berlyn toe genooi is in die 2004 Goldwell Elumen kompetisie.

“Ek is baie trots op Luanri,” het Connie van haar vakleerling gesê.

Op 23 September moet Luanri in Kaapstad wees waar sy een van die 10 finaliste in die land is wat sal meeding in die Wella kompetisie.

“Dis die moeite werd vir ‘n kind om te spesialiseer as sy definitief weet wat sy wil doen en wat haar belangstellingsveld is,” sê Luanri se ma, mev. Nonna Fick.

Luanri het besluit om volgende jaar by die Tina Scholtz Akademie in Potchefstroom Kosmetologie te studeer tesame met gevorderde haarkursusse en besigheidsvakke. Haar drie jaar studies word erken en sy word as ‘n senior ingeneem.

In Junie vanjaar was Luanri ook in die nuus toe sy een van ses vakleerlinge in die land was wat deur L’oreal gekies was vir die Young Apprentice Artistic Team. Verder is sy uitgenooi om ‘n lid te wees van Young Intercoiffure wat internasionaal funk¬sioneer met lidmaatskap slegs op uitnodiging.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines