ADVERTISEMENT:

 

Die huisinhoud is totaal deur die brand verwoes.

Ma red kinders uit brandende huis

 

News  Date: 02 September 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Ma en twee kinders het ternouernood ontkom in ‘n brand in ‘n woonhuis in Andersonstraat.

‘n Agterstallige elektrisiteitsrekening het vermoedelik bygedra tot die vernietigende brand waarin die hele inhoud van die huis in puin gelê is.

Luidens ‘n verklaring deur die SAPD was ‘n vroulike bewaarder van Korrektiewe Dienste en haar twee minderjarige kinders alleen in die woonhuis ten tyde van die brand, laatnag op 20 Augustus.

Luidens die verklaring is kerslig in die kinders se kamer gebruik, aangesien die kragtoevoer na die woning tydelik gestaak is.

Vermoedelik het die kinders nagelaat om die kers te doof voordat hulle aan die slaap geraak het en het die moeder wakker geword van rook in die huis, nadat die kinders se komberse aan die brand geraak het.

Sy was instaat om die kinders betyds na veiligheid te bring, maar intussen het die brand binne die woonhuis heeltemal handuit geruk.

Die brandweer het aanvanklik na bewering probleme ondervind met onvoldoende waterdruk. Volgens omstanders moes daar ‘n geruime tyd gewag word op die brandweerwa. Nadat die brandweer opgedaag het, het groot hoeveelhede water by tye bo uit die brandweerwa in die straat oorgeloop, vermoedelik weens ‘n defektiewe koppeling. Van die omstanders het verbasing uitgespreek oor die gebrek aan alternatiewe steun vir die brandweerpersoneel, wat opsigtelik probleme ondervind het met die beskikbare toerusting.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines