

ADVERTISEMENT:

CANSA Relay for Life
News Date: 18 February 2016
Met Louis Trichardt se eie CANSA Relay for Life om die draai het die plaaslike organiseerders die publiek versoek om maar bietjie geduldig te wees vir die duur van die Relay.
Vanjaar se Relay vind vanaf 18:00 op 18 Maart tot 06:00 op 19 Maart plaas op Hoërskool Louis Trichardt se sportterrein. “Daar sal heelnag musiek en afkondigings wees en wil ons graag die publiek versoek om geduldig te wees met die musiek. Ons sal probeer om die musiek nie so hard te speel nie,” sê mnr. Dirk Meissenheimer, voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee. Kennisgewing hiervan is ook aan die Makhado Munisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens gegee.
Meissenheimer sê mense moet asseblief besef waaroor die Relay gaan. “Dit gaan oor mense (survivors) wat kanker oorwin het, of wat steeds kanker het, en dat ons ‘n nag saam met hulle wil deurbring om simpatie en steun aan hulle te betoon. Onthou, kanker slaap nie en dit kom voor in alle rasse, oud of jonk, mooi of lelik. Dit gaan nie net daaroor om ‘n lekker kuiersessie te hê nie; daar sal ander geleenthede wees daarvoor,” sê Meissenheimer.
Wat laasgenoemde betref, het Meissenheimer gewaarsku dat geen drank, dwelms of rook op die baan toegelaat sal word nie, aangesien dit kanker kan veroorsaak. “Kom ons respekteer dit net ten minste vir een aand in ‘n jaar,” sê Meissenheimer.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
