

ADVERTISEMENT:

Generic image
News Date: 19 February 2016
TLU SA Noord se lede voer reeds sedert 2006 gesprek met die Departement van Waterwese en Sanitasie om probleme wat met waterrekeninge ondervind word, te probeer regstel.
“Die gebrek aan vordering met die saak het TLU SA Noord genoop om ‘n dispuut met die departement te verklaar ten einde sy lede te beskerm teen die dreigemente van vervolging vir uitstaande skuld. Tydens die onlangse beplanningsessie van TLU SA Noord is daar besluit om, ter wille van gemoedsrus, weer die korrektheid van advies aan lede te toets deur middel van ‘n regsopinie,” het mnr. Steven Vermaak, streekvoorsitter van die TLU SA Noord, in ‘n persverklaring gesê.
Volgens Vermaak het ‘n senior advokaat wat spesialiseer in watersake Noordstreek se argument aangehoor en bevestig dat die proses om ‘n dispuut te verklaar tot dusvêr heeltemal korrek verloop het en dat lede met goeie advies bedien is. “Daar is etlike sake wat in die dispuut opgeneem is wat ten doel het om waterverbruikers te beskerm teen eensydige optrede vanaf die departement. Die kern van die dispuut handel oor foute wat op fakture voorkom en gebrekkige of geen dienslewering ten opsigte van waterbestuursaangeleenthede,” het Vermaak gesê. Hy het bygevoeg dat TLU SA Noord weereens wil bevestig dat sy lede nie onwillig is om vir waterbestuursdienste te betaal nie, mits dit vooraf-ooreengekome dienste is wat teen die ooreengekome standaard gelewer is. “Ons is vol vertroue dat hierdie netelige saak spoedig tot beide partye se tevredenheid aangespreek sal word,” het Vermaak gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
