

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 September 2005
MAKHADO - Die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese owerheid het vandeesweek begin met reëlings om die liggame van die 19 Zimbabwiese burgers wat in Vrydagoggend (2de) se gru-ongeluk dood is, na hul tuisland terug te neem.
Die ongeluk het plaasgevind op die N1-noord, nadat die bestuurder van die minibus-taxi in die styl bergpas kort voor die Ingwe Ranch Hotel gestop het om ‘n draai te loop. Die minibus-taxi was vanaf Johannesburg onderweg na Zimbabwe.
Die minibus-taxi het skielik aan die loop gegaan en ten aanskoue van die bestuurder teen hoë spoed sowat 200m verder deur die versperrings in die skerp 60km/h draai geploeg. Dit het oor ‘n afgrond gestort en onder in ‘n kloof tot stilstand gekom.
Bitter min kon nood- en reddingswerkers voorberei vir wat op hulle gewag het met hul aankoms op die toneel kort na middernag. Verminkte lyke van oorledenes en beseerdes het binne en buite die verwronge wrakstuk van die minibus rondgelê. Teen dagbreek was ‘n ry van 19 lyke langs die N1 stille getuienis van die skokgebeure ‘n paar uur vantevore. Onder die oorledenes was twee kleuters. Daar is vir etlike ure gespook om die beseerdes en oorledenes na die padoppervlakte te bring, vanweë die feitlik ontoeganklike bergterrein. Bergklimtoerusting is onder meer in die reddingsaksie gebruik.
Van die 26 insittendes in die oorlaaide minibus-taxi het slegs sewe die ongeluk oorleef, waaronder een kind. Vier se toestand was kritiek terwyl drie ernstige beserings opgedoen het. Een van die kritiek-beseerdes passasiers is intussen oorgeplaas na die provinsiale hospitaal in Polokwane.
Die plaaslike polisie het Dinsdag bevestig dat 19 klagte van strafbare manslag teen die 30-jarige Zimbabwiese bestuurder van die minibus ondersoek word. Teen druktyd kon sy naam nog nie bekend gemaak word nie, aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie. Volgens die polisie sal klagte teen hom gestel word na die afhandeling van die outopsies.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
