

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 September 2005
MAKHADO - Geen genade word betoon aan verbruikers wat hulle elektrisiteitsrekeninge laat betaal nie.
Mnr. Peter Magwala, die Makhado Munisipaliteit se Direkteur: Korporatiewe Dienste en waarnemende Munisipale Bestuurder, het op 6 September bevestig dat die eintlike betalingsdatum die einde van ‘n maand is. Daar is dan ‘n grasieperiode tot die sewende van die volgende maand. Indien die sewende van die maand op ‘n Saterdag of Sondag val, eindig die grasieperiode op die Vrydag.
In Augustus het die grasieperiode juis op Vrydag, 5 Augustus, verstryk. ‘n Verbruiker, mnr. Hein Oosthuizen van die plaas Last Hope, het tot sy ontsteltenis agtergekom dat sy rekening ‘n aanpassingsfooi van R206 bevat in plaas van die normale lynfooie van R75.
Hy kon dit glad nie verstaan nie en het dit gaan uitklaar by die munisipaliteit, waar hy meegedeel is dat sy krag afgesny was en dat dit sy heraansluitingsfooi was.
“My krag was nooit af nie en ek het my tjek Maandagoggend, 8 Augustus in die munisipale posbussie gegooi,” sê mnr. Oosthuizen .
Mnr. Oosthuizen het voorheen met die munisipaliteit swaarde gekruis oor ‘n wisselende elektrisiteitsrekening, terwyl hy teen ‘n vaste daaglikse patroon krag verbruik. Intussen wag hy ook vir reaksie op sy klagte dat die munisipaliteit ‘n boom op sy plaas afgesaag en op ‘n beesdraad laat val het. Hy het die draad herstel teen ‘n koste van R600.
Dit blyk egter dat daar in die geval van laatbetaling, al was dit oor ‘n naweek, geen genade van munisipale kant is nie.
“My vraag aan hulle was of dit geld vir die hele Makhado Munisipale gebied, waarop die amptenaar bevestigend geantwoord het,” sê mnr. Oosthuizen.
‘n Ander vraag is waarom daar nie net rente vir die laatbetaling oor die naweek gehef word nie.
“Ek moet ‘n heraansluitingsfooi betaal, terwyl my krag nie af was of weer aangesluit is nie. Van wanneer af word daar oor naweke gewerk sodat daar voor Maandagoggend vroeg ‘n lys opgestel is en fooie gehef is?” is die kliënt se beswaar.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
