ADVERTISEMENT:

 

Ring neem sterk standpunt in oor grondkwessie

 

News  Date: 09 September 2005

 

MAKHADO – Die N. G. Kerk se Ring van Louis Trichardt het sterk standpunt ingeneem oor grondeise by ‘n ringsvergadering gehou op 19 en 20 Augustus.

Die Ringsvergadering, wat by Soekmekaar gehou is, wil met hul standpunt oor grondeise leiding gee aan kerklidmate en ander betrokkenes. Die oorwoë mening van die Ring is dat die regering se grondhervorming besig is om landbou te omvorm na roofbou.

“Die kern van die deformasie van landbou is dat daar ‘n gedrewe proses is om produktiewe landboubedrywe van boere te vervreem sonder ‘n gedrewe proses vir volhoubare landbouproduksie,” lui die persverklaring van die Ring.

Die verklaring noem verder dat landbouproduksie onderwerp word aan grypsug en hebsug en daardeur word die lidmate se basiese reg op besit en hulle roeping om landbou as skeppingsopdrag uit te voer, wesenlik aangetas. Daar is ‘n disintegrasie van landbougemeenskappe en ‘n ineenstorting van produktiewe landbou-eenhede. Dit word gesien as die effek van sondige houdings en bedoelinge ten opsigte van die reg op besit en die opdrag tot die bewerking van die grond.

Die Ring verskil met die N. G. Kerk se huidige standpunt oor grondhervorming.

“Die N. G. Kerk se huidige posisie oor grondhervorming vermy die wesenlike krisis wat dit vir sy lidmate se geloofslewe veroorsaak. Niemand kan die morele skuld vir apartheid afbetaal met grond nie. Die enigste afbetaling vir alle sonde is die kruisdood van Jesus Christus.”

Vir meer inligting of kommentaar kan ds. Petrus Kriel geskakel word by tel. (015) 583 0020 of 082 898 2081.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines