ADVERTISEMENT:

 

Wat van Louis Trichardt se standbeeld?

 

News  Date: 16 September 2005

 

MAKHADO – Te midde van ‘n luisterryke funksie op 8 September waartydens die standbeeld van die VhaVenda koning, Makhado, onthul is, het talle persone hulle kommer uitgespreek oor die toekoms van die standbeeld van Louis Trichardt.

Die standbeeld van Makhado is op 8 September deur die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, mnr. Joseph Maswanganyi, by die toerismeinligtingskiosk onthul. Dit vorm deel van die Erfenisvieringe in September.

Volgens die regering se mediamondstuk, BuaNews, het ‘n woordvoerder van die betrokke departement gesê dat hierdie tipe verering van helde ‘n manier is om die land se erfenis te beskerm sodat die nageslag die vryheid kan waardeer wat teweeg gebring is deur hierdie helde.

Tydens die seremonie het Premier Sello Moloto gesê dat Makhado ‘n glorieryke leier was wat koloniale oorloë teen die imperialiste gevoer het wat sy land wou inneem en sy mense aan verdrukking wou onderwerp. Vroeër dieselfde dag is die Dzata Museum ingewy.

Intussen wonder sommige inwoners wat word van hul reg om die borsbeeld van die Voortrekker leier, Louis Trichardt, na wie die dorp vernoem is, te waardeer.

Mnr. Peter Magwala, die Makhado Munisipaliteit se Direkteur: Korporatiewe Dienste het bevestig dat die borsbeeld van Louis Trichardt nog steeds in Fort Hendrina toegesluit staan. Mnr. Magwala kon nie bevestig of die beeld saam met gras-snyers in Fort Hendrina toegesluit is of nie. Hy het gesê dat hy meen dat die borsbeeld alleen daar staan.

“Ons wil die beeld van Louis Trichardt op ‘n behoorlike plek uitstal. In hierdie stadium dink ons aan die museum wat by Ottoshoogte beplan word. Daar is goeie vordering met die Ottoshoogte museum,” het mnr. Magwala gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines