

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 September 2005
PRETORIA - Een van die hoogste toekennings in georganiseerde landbou, die Nico Kilian-trofee vir die Landboupersoonlikheid van die Jaar, pryk vanjaar in die Soutpansberg.
Die trofee is op die jongste kongres van die TLU SA aan die voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie, mnr. Gideon Meiring oorhandig.
Die trofee word jaarliks deur die Hoofbestuurder en Bestuurders toegeken op grond van voortreflike dienste gelewer. Die ontvanger moet ‘n lid van georganiseerde landbou wees en hom beywer daarvoor om georganiseerde landbou te bevorder.
Vorige ontvangers van die gesogte trofee sluit in die vorige president van TLU SA, mnr. Gert Ehlers, die huidige president van TLU SA, mnr. Paul van der Walt, en die huidige president van AGRI-SA mnr. Laurie Bosman.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
