ADVERTISEMENT:

 

‘n Gedeelte van die potplante-afdeling van die plakkerskwekery op ‘n sypaadjie in Eltivillas. Agter is die ou kliniekgebou met sy hoë veiligheidsheining.

Vrae oor plakkerstuin op sypaadjie

 

News  Date: 16 September 2005

 

MAKHADO – ‘n Welige sypaadjie kwekery en groentetuin, besproei met ‘n standhoudende waterstroom uit die omstrede ou kliniekgebou in Eltivillas, word nou al reeds etlike maande lank ongehinderd bedryf deur die bewoner van ‘n plakkershut op dieselfde sypaadjie. In die res van die dorp is belastingbetalers se tuine steeds onderhewig aan strawwe waterbeperkings te midde van die voortgesette droogte.

Die plakkerskwekerybedryf in Eltivillas gedy vanaf die randsteen op die sypaadjie tot reg langs die veiligheidsheining van die vervalle kliniekgebou. Uitgebreide besproeiing word bewerkstellig met behulp van ‘n lang plastiek pyp wat vanuit die kliniek gebou se een oop venster, deur die veiligheidsheining, tot by die plakkerskwekery lei.

Die gebou was in die nuus toe ‘n internasionaal-bekende kruiekundige, wat die enigste HIV/Vigs-voorligtingsentrum op amptelike versoek daar bedryf het, onseremoniëel uit die gebou geboender is deur munisipale verkeerspolisie in ‘n vloot munisipale verkeersvoertuie wat na bewering in opdrag van die Munisipale Bestuurder daar opgedaag het. Die rede vir dié omstrede uitsetting was glo omdat die kruiekundige “onregmatig” sake bedryf het vanuit die munisipale gebou. Sy is oorspronklik skriftelik deur ‘n senior verteenwoordiger van die munisipale raad genooi om haar praktyk daarheen te verskuif, as sy haar beradingskundigheid tot beskikking van die voorligtingsentrum sou stel. Die gebou staan nou nutteloos in onbruik.

Dieselfde senior verteenwoordiger wat haar aanvanklik uitgenooi het, was in die aanloop tot die uitset¬tingsinsident betrokke by ‘n reeks besoeke wat deur die kruiekundige as ‘n teisteringsveldtog beleef is. Die inligting- en beradingsentrum het gedurende die tyd ook deurgeloop onder ‘n reeks vreemde inbrake, waartydens aanvanklik net dokumente gesteel is.

Die kruiekundige, wat lid was van ‘n internasionale Vigs-navorsingspan van Suider-Afrikaanse universiteite, het by die kliniekgebou inheemse en ander groente in ‘n goedversorgde tuin aangeplant en beskikbaar gestel aan pasiënte wat die sentrum besoek het.

Sy is na die uitsetting nie toegelaat om die waardevolle groente wat in die tuin oor was, te oes nie. Dit is, soos die gebou, toegelaat om te verval, agter ‘n hoë veiligheidsheining.

Die plakkerstuinbedryf reg langs die kliniekgebou was reeds prominent sigbaar toe die HIV/Vigs-voorligtingsentrum op omstrede wyse deur munisipale beamptes ontruim is. Die vloot voertuie was reg langs die plakkerskwekery geparkeer. Sedertdien was daar welige uitbreidings aan die kwekery en sypaadjie groentetuin.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines