ADVERTISEMENT:

 

Wyle mev. Anneline le Roux (73). Foto verskaf. 

Mollevel se Anneline le Roux skielik oorlede

 

News  Date: 17 March 2016

 

Inwoners het die afgelope week met hartseer verneem van die dood van een van die Soutpansbergstreek se voorslag vroue, me. Anneline le Roux (73), van Waterpoort.

Wyle Anneline, eggenote van mnr. Boet le Roux van Mollevel Voerkraal, was bekend vir haar knap handwerk en was vir etlike jare voorsitter van die SAVF op Alldays. “Sy was absoluut ‘n tuisteskepper,” het haar dogter Mimi aan die Zoutpansberger gesê. Buiten vir vlytige hande, was Anneline ook ‘n kranige skrywer met haar geestelike E-boek, Die Wingerdstok, wat ‘n paar maande voor haar dood gepubliseer is.

Wyle Anneline is op 13 Mei 1942 in Ceres in die Kaap gebore en voltooi haar skoolloopbaan onderskeidelik op Alldays en die destydse Messina. “Sy het my pa in April 1970 ontmoet, toe sy saam met vriende van Messina op die plaas Mollevel gekuier het,” vertel Mimi. Die egpaar is in 1972 getroud en drie kinders, Pieter, Annette en Mimi, is uit die huwelik gebore. “Van hulle mekaar op die plaas ontmoet het 43 jaar gelede, het sy tot haar dood op die plaas gebly,” voeg Mimi by.

Wyle Anneline word oorleef deur haar man, kinders Pieter (met skoondogter San), Annette (met skoonseun Hannes) en Mimi (met skoonseun Lourens), broers Jannie, Bennie en Basson, suster Annette en sewe kleinkinders. Sy is Woensdag, 16 Maart, vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente in Louis Trichardt begrawe. Die diens is waargeneem deur ds. Jan Pretorius.

“Dank gaan aan die hele gemeenskap vir julle woorde van vertroosting en ondersteuning. Ons wil nie regtig mense uitsonder nie, want daar is net te veel name om te noem. Tog wil ons egter ‘n spesiale dankie sê aan dr. Pieter de Wet en die hele personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal,” sê Mimi.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines