ADVERTISEMENT:

 

Nog ‘n nuwigheid wat inbring word by Soutpansberg Spar is Spar se Bean Tree-konsep. Dit is basies ‘n spasie waar klante ‘n ordentlike koppie filterkoffie sal kan geniet, tesame met heerlike gebak.

Nuwe Spar beloof ‘n genotvolle inkopie-ervaring

 

News  Date: 19 March 2016

 

Baie mense ken dit as Ricky’s, daarna as OK Grocer en meer onlangs as Soutpansberg Spar. Hierdie gewilde inkopiesentrum is tans besig om ‘n totale gedaante verwisseling te ondergaan met eienaar mnr. Luke Enslin wat in ‘n nog groter mate die Spar-handelsnaam in die plaaslike inkopiemark te vestig.

Enslin het in April verlede jaar eienaarskap van die winkel onder die Spar vaandel oorgeneem. “Ek het besluit om ‘n totale opknapping van die winkel te doen om aan klante ‘n meer genotvolle inkopie-ervaring te gee. Al die opknappings is in lyn met Spar se spesifikasies,” het Enslin gesê.

Opknappingswerk het ‘n paar weke gelede in alle erns by die winkel begin. Die werk geskied in fases. Eers is die yskaste geskuif en daarna is begin met bouwerk aan die nuwe bakkery en kombuisgedeelte waar warm kos voorberei sal word. Verlede Vrydag was konstruksiewerkers druk besig om die plafonne te vervang en die ou buisligte met nuwe LED-ligte te vervang. Die toonbank-area het ook aandag geniet, met die kontantkantoor wat ook geskuif en opgegradeer is in term van sekuriteit.

As deel van die opknappingswerk is daar ook verskeie nuwe dienste wat aan klante beskikbaar sal wees in die nuwe winkel. “Klante sal kan uitsien na warm kos wat uit die nuwe deli verkoop sal word. Mense sal nou daagliks hul middag- of aandete klaar gekook kan kom koop. Vanaf 1 April sal Christelle Leonard by ons aansluit. Sy sal die deli hanteer, asook kwaliteitbeheer toepas,” het Enslin gesê.

Nog ‘n nuwigheid wat Enslin gaan inbring by Soutpansberg Spar is Spar se Bean Tree-konsep. Dit is basies ‘n spasie waar klante ‘n ordentlike koppie filterkoffie sal kan geniet, tesame met heerlike gebak. “Dit sal egter nie ‘n eetarea wees waar warm etes geniet kan word nie,” het Enslin gesê.

Enslin sê hy is bewus van die probleem met parkering by Soutpansberg Spar. “Ons is tans in onderhandeling met die Makhado Munisipaliteit om te probeer vir addisionele parkering in die park oorkant die sentrum. Om die druk op die parkering te verlig, het ek ook die hoeveelheid betaalpunte na agt vermeerder om klante vinniger deur die winkel te kry,” het Enslin gesê.

Volgens Enslin beoog hulle om die nuwe winkel amptelik op 1 Junie te heropen. “Tot dan vra ons om verskoning vir die ongerief met die bouwerk. Wees egter verseker dat, by voltooiing, die huidige ontwrigting die moeite werd sal wees,” het Enslin gesê. 

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines