ADVERTISEMENT:

 

Wyle Helen O’Reilly (58).

Helen O'Reilly oorlede

 

News  Date: 23 September 2005

 

MAKHADO – Inwoners het die afgelope week met hartseer verneem van die dood van Mev. Helen O’Reilly (58).

Mev. O’Reilly is op Saterdag, 17 September, na ‘n lang siekbed aan longkanker oorlede. Sy was bekend vir haar jarelange eienaarskap van Helen’s Petshop, asook as vorige eienaar van Flamingo Pets.

Helen, soos almal haar geken het, is verlede jaar die eerste keer met kanker gediagnoseer. Sy het die laaste paar maande intensiewe chemoterapie ontvang. Daar kon nie geopereer word nie, aangesien die kanker reeds te ver versprei het. Weens die behandeling was sy die afgelope paar maande nie betrokke by haar besigheid nie, wat sy in die bekwame hande van haar eggenoot, Steve, gelaat het.

Helen word oorleef deur haar man, kinders Lee, Stephen, Gerald, Robert en Michael. Sy sal onthou word as ‘n liefdevolle ma, eggenote en ouma.

“Sy was ‘n baie besige mens en harde werker,” onthou haar seun, Robert.

‘n Roudiens sal op Donderdag, 22 September, om 12:00 vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente vir Helen gehou word. Sy sal veras word.

Die familie spreek hul opregte dank uit teenoor ds. Willem Boshoff, dr. Emile Gaigher, dr. Fred Badenhorst en Leon Fensham van Da Silva Apteek vir hul volgehoue bystand en ondersteuning. Hulle het ook al die vriende, familie, kliënte en kennisse wat Helen deur die jare en met haar siekte ondersteun het, bedank.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines