ADVERTISEMENT:

 

Links staan Job Basi Tlou saam met Percy Manengena in die beskuldigebank van die Louis Trichardt Streekhof.

Stropers gestraf / Poachers punished

 

News  Date: 21 March 2016

 

[Click here for English story]

Ses mans se gekonkel om ‘n wins te maak uit die onwettige verkoop van twee renosterhorings het hulle agter tralies laat beland.

Dié mans het verlede Vrydag in die Louis Trichardt Streekhof verskyn, waar hulle verhoor tot ‘n einde gekom het toe landdros Mike Coetzee hul vonnis uitgelees het.

Job Basi Tlou (64), Percy Manengena (39), Johannes Podile Sematla (48), Lebala Sematla (27), Masolo Soul Sematla (28) en Albino Fernando Masuze (47) is gearresteer gedurende 2014, kórt nadat hulle ‘n wit renosterbul van die Mapungubwe Natuurreservaat doodgeskiet het vir sy horings.

Hulle is aangekla van agt klagte wat verband hou met die onwettige jag van renosters, oortreding van permitvoorwaardes en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Dit is nie aldag dat die Groen Skerpioene daarin slaag om meeste van die betrokke partye in ‘n renostersaak voor die hof te bring. Meeste van die tyd is dit net die jagters wat gevang word, en nooit die agente en verkopers nie.

Die mans se arrestasies het gevolg nadat Tlou foto’s van die twee renosterhorings aan ‘n veldwagter van die Addo Olifantpark gestuur het, wat in werklikheid ook as ‘n informant opgetree het vir SANParke se Spesialis Ondersoekeenheid, die Groen Skerpioene. Die foto’s is deurgegee aan die polisie, wat op hulle beurt ‘n lokval gestel het en Tlou gearresteer het.

Tlou het vinnig gedraai teen sy medebeskuldigdes en hulle betrokkenheid beken teenoor die ondersoekers. Hy en sy seuns, Johannes Podile Sematla, Lebala Semetla en Masolo Soul Sematla, woon op Den Staat, ‘n oop-stelsel park, wat onder die beheer van Mapungubwe val. Hy het gereël dat Johannes die renoster op Den Staat skiet, omdat hy ‘n geweer het. Masolo het as die drywer opgetree en die res van sy medebeskuldigdes na en van die toneel vervoer om die horings te gaan haal.

Tlou het die horings verkoop aan Masuze, wat dit op sy beurt Mosambiek toe geneem en verkoop het aan ‘n Chinese man. Ongelukkig kon die Chinees nie vasgetrek word nie, omdat die polisie en Groen Skerpioene geen mag het oor die landsgrens heen nie.

Soos wat die ondersoek gevorder het, het DNS-toetse verder gewys dat die horings behoort het aan ‘n renosterbul bekend op Mapungubwe as Die Swerwer.

Met die aanvang van hul verhoor het al ses mans onskuldig gepleit op die klagte wat teen hulle gebring is. Tlou se weergawe het ook dramaties verander. Hy het beweer dat hy en sy medebeskuldigdes tot in hul verklarings gemoker is deur lede van die Groen Skerpioene. Hierdie weergawe het landdros Coetzee later bevind hou geen water nie, nadat hy foto’s ondersoek het van die Skerpioene wat bewys het hoe die beskuldigdes saam met die ondersoekspan lag en eet.

Manengena, Lebala en Masolo het ook later hul pleit verander na een van skuldig. Volgens Landdros Coetzee was dit alleenlik omdat hulle besef het hulle gaan nie die selfoongetuienis van die Staat kan weg verduidelik nie, wat bewys hoe hulle kontak met mekaar gehad het, en in die omgewing van Den Staat was.

Coetzee het met groot lof gepraat van die Groen Skerpioene se ondersoek en die deeglike wyse waarop die staatsaanklaer, Hilke Janse van Rensbrug, dit aangebied het.

In die oorweging van ‘n gepaste vonnis het landdros Coetzee daarop gewys dat, ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing, die deler so goed soos die steler is en daarom het hy almal skuldig bevind. Behalwe vir Masuze, wat nie direk betrokke was by die doodmaak van die renoster nie, is die res almal 15 jaar direkte gevangenisstraf opgelê. Masuze is gevangenisstraf opgelê van 10 jaar.

 

English:

Six men who conspired to kill a rhino and sell its horns have been sentenced to 10 and 15 years’ imprisonment in the Louis Trichardt Regional Court.

Job Basi Tlou (64), Percy Manengena (39), Johannes Podile Sematla (48), Lebala Semetla (27), Masolo Soul Sematla (28) and Albino Fernando Masuze (47) were all arrested during 2014 through the efforts of the SANParks Environmental Investigators.

The arrest came to pass when an environmental inspector received two cell phone photographs from a secret informant, showing two rhino horns for sale. A sting operation was set up with the help of the SAPS, which led to the arrest of Job Tlou. He later turned state witness and confessed who his co-conspirators were.

They stood trial on single counts of hunting of a specially protected wild animal, picking up or removing dead wild animals, theft, possession of a firearm with the intent to hunt, conspiracy to hunt and deal in rhino horn and three counts of restricted activity involving a listed, threatened or protected species without a permit.

Tlou confessed that Johannes Sematla had shot and killed the rhino, and that he, with the help of Manengena and Lebala, later returned to hack the horns from the carcass. Tlou also said that Masolo drove them to the scene, but waited in the car while they retrieved the rhino horns.

During the men’s trial, it was revealed that the rhino bull they had killed had originated from the Mapungubwe National Park and was known as The Wanderer. His horns were, unfortunately, sold by Masuze to a Chinese citizen in Mozambique, where the local police have no legal authority.
After their arrest, when they had already made certain statements, all six men pleaded not guilty with the commencement of their trial. Only towards the end did Manengena, Lebala and Masolo change their plea to guilty.

Magistrate Mike Coetzee said, when passing down his sentence on Friday, that he found all the men to be ineffective and poor witnesses. He added that the State had gone beyond the call of duty to prove its case and presented excellent and trustworthy witnesses in the form of the various SANParks investigators and cell phone evidence that proved, beyond a doubt, how all six men had conspired together.  

In considering a sentence, Coetzee cited case law that specifies that conspirators are just as guilty to the crime as is the actual thief or murderer. All six men were found guilty as charged. Manengena, Johannes, Lebala, Masolo and Tlou were sentenced to 15 years’ imprisonment, while Masuze was sentenced to 10 years’ imprisonment.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines