

ADVERTISEMENT:

Generic image
News Date: 24 March 2016
Die TLU SA Noord het die regering se nuutste beskuldiging oor diefstal, hierdie keer dat wit kommersiële boere water sou steel, as lagwekkend bestempel.
Hierdie uitlating is onlangs gemaak deur die ANC se voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir water en sanitasie, mnr. Mlungisi Johnson. “Hierdie beskuldiging word as rookskerm gebruik om die regering se eie onvermoë om watersake te bestuur te verbloem,” het die streekbestuurder van TLU SA Noord, mnr. Drickus Botha, verlede week in ‘n persverklaring gesê
Botha het gesê boere besef juis nou, teen die agtergrond van die knellende droogte, die kosbaarheid en belangrikheid van water as natuurlike hulpbron. “Kommersiële boere maak van die nuutste en effektiefste besproeiings tegnieke gebruik, juis om die kosbare kommoditeit te bewaar en spaarsamig te gebruik. Stukkende ou watertoevoerpype word gedurig vervang en lekkende pype en krane dadelik herstel,” het Botha gesê.
Volgens Botha is die grootste vermorser en waterdiewe plaaslike munisipaliteite en myne. “Hoeveel suurwater besoedeling uit myne het al totale vleilande verwoes? Hoeveel gaan nog verwoes word? Hoeveel rou riool beland daagliks in rivierstelsels weens swak bestuur en SEB beginsels?” het Botha gesê.
Botha het gesê boere was en is nog altyd bereid om vir water te betaal. “Spesifiseer die diens wat gelewer word, op ‘n behoorlike faktuur, dit is al wat ons vra. Die departement se onvermoë om te presteer word nou maklik in ‘n beskuldiging aan boere verdraai,” het Botha gesê. Hy het bygevoeg dat die Departement van Water en Sanitasie en munisipaliteite weet van duisende onwettige wateraansluitings in plattelandse gebiede en dat hulle niks daaraan doen nie. “Die tradisionele manier van vloedbesproeiing, wat die mees ondoeltreffende besproeiingsmetode is, floreer as gevolg van hierdie ondoeltreffende metode. Dit is waterdiefstal op sy beste,” het Botha gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
