ADVERTISEMENT:

 

Johann du Plessis afgeneem met die eerste uitgawe van dieZoutpansberger.

Johann Koerant sterf

 

News  Date: 06 April 2016

 

Een van die streek se pioniers in die koerantbedryf, Johann du Plessis (68), is Woensdagoggend (6 April) vroeg skielik oorlede.

Johann, alombekend as Johann Koerant, het die Zoutpansberger in 1985 op Louis Trichardt begin en het in 1990 ook die Venda Mirror koerant begin, wat vandag as die Limpopo Mirror bekendstaan.

Volgens Johann se vrou, Melinda, is Johann vroeg Woensdagoggend by hul huis in Kleinmond oorlede. Die oorsaak van sy dood was teen druktyd nie bekend nie, maar daar word vermoed dat dit dalk hartverwant is.

Johann het in die tydperk wat hy in die Soutpansberg gewoon het diep spore in die plaaslike gemeenskap gelaat. Hy was baie aktief by die Louis Trichardt Gholfklub en was ook lid van die Rotariërs.

In 2005 het Johann en Melinda verhuis na Kleinmond in die Wes-Kaap, waar hulle afgetree het. Buiten sy vrou laat hy ook sy twee dogters, Tania en Jeannine agter, asook twee kleinkinders.

Begrafnisreëlings sal bekend gemaak word sodra dit bevestig kan word. ‘n Meer volledige berig verskyn in volgende week se uitgawe.

 

Written by

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines