

ADVERTISEMENT:

Generic image
News Date: 09 April 2016
Winkeldiefstal het drie mans duur te staan gekom in die Louis Trichardt Distrikshof.
Takunda Mukwani (19) van Zimbabwe is verlede Vrydag in hegtenis geneem toe hy ‘n paar sokkerstewels by die Price n Pride-winkel probeer wegdra het. ‘n Sekuriteitswag het hom voorgekeer, nadat hy vermoed het die jongman steek iets weg in sy rugsak. In sy sak was die skoene ter waarde van R239.99.
Hy is die naweek by die Makhado Polisiestasie aangehou en het Maandag voor die hof verskyn, waar hy skuldig gepleit het op ‘n klag van winkeldiefstal. Mukwani is ‘n boete van R500 opgelê.
Dieselfde dag as wat Mukwani gearresteer is, is nog twee mans voor stok gekry by die plaaslike Shoprite. Faizel Mthombeni (23) en Denga Phanuel (22) is Vrydag gevang toe hulle vier houertjies vroue reukweerder probeer steel het.
‘n Wakker personeellid het gesien die twee tree verdag op, en dit gerapporteer aan die sekuriteitswagte. In Mthombeni se sak is drie botteltjies Mitchum reukweerderstokkies vir vroue gekry, en een by Phanuel. Die totale waarde van die vier stokkies saam was R235.96. Beide die twee mans het skuldig gepleit op ‘n klag van diefstal en is elk met R300 beboet.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
