ADVERTISEMENT:

 

Gwapende rowers oorrompel wagte

 

News  Date: 07 October 2005

 

MAKHADO – Vyf gewapende mans het Maandag, 3 Oktober, drie sekuriteitsbeamptes oorrompel en beroof by Palm Motors oorkant die munisipale begraafplaas.

Die personeel van die sekuriteitsfirma het geld by Palm Motors gaan oplaai, toe hulle deur vyf gewapende mans gekonfronteer is.

Die rowers het pistole in hul gesigte gedruk en beveel dat die geld aan hulle oorhandig word, waarna hulle in ‘n wit voertuig op die Ledig pad weggejaag het. Daar is gelukkig geen skote gevuur nie, maar mnr. Deon Geyer, een van die sekuriteitsbeamptes, is deur een van die rowers aangerand.

Volgens inspekteur Daniël Ndlovu, woordvoerder van die plaaslike polisie, is die voertuig later naby die treinspoor gevind, waar dit verlate gestaan het. Dit het later gebleik dat die voertuig Sondag in die Gauteng provinsie gesteel is.

Mnr. Fanie Geyer, eienaar van die sekuriteitsfirma wat beroof is, het gesê: “Dit is ‘n onbekende bedrag geld wat gesteel is.” Hy het die polisie, en veral vir superintendent Eddie van der Walt en Mike Magotla, van die Makhado polisie stasie, vir hulle hulp bedank.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines