

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 October 2005
MAKHADO – ‘n Jong inwoner van die dorp, Leoni Wood (23), is onlangs skuldig bevind op ‘n klag wat verband hou met die onwettige besit van dagga.
Die saak is ondersoek deur die Eenheid vir Georganiseerde Misdaad in Thohoyandou. Beslag is gelê op sowat 12 gram dagga wat in me. Wood se huis in Kroghstraat gevind is. Wood het op 9 September skuldig gepleit op die aanklag teen haar. Sy is ‘n boete van R500 opgelê, wat sy dadelik betaal het.

ADVERTISEMENT:
