ADVERTISEMENT:

 

Polisie waarsku teen deposito-slenters

 

News  Date: 07 October 2005

 

MAKHADO – Die polisie het weer die afgelope week inwoners gewaarsku teen talle geldmaak-slenters wat in die dorp bedryf word.

Die sogenaamde deposito-slenter is weer besig om kop uit te steek. Alhoewel die polisie reeds herhaaldelik inwoners gemaan het teen die slenter, is daar steeds diegene wat daarvoor val.

‘n Persoon sal byvoorbeeld ‘n besigheid skakel en ‘n bestelling plaas vir ‘n sekere hoeveelheid goedere. ‘n “Kontantbetaling” word dan gedoen. Sê nou maar die koste beloop ‘n R1 000, sal die persoon ‘n rukkie later die besigheid terug skakel en sê dat hulle instede van ‘n R1 000 per ongeluk R10 000 inbetaal het. Hulle sal dan die besigheid versoek om die “oortollige” R9 000 aan hulle terug te betaal in ‘n spesifieke rekeningnommer. ‘n Vervalste inbetalingstrokie word telkens deurgefaks as bewys van die “kontantinbetaling” deur middel van ‘n gesteelde tjek. Dit kom ook later aan die lig dat die rekeningnommer wat deur hulle verskaf is, onder ‘n vals naam geopen is. Die geld word dadelik onttrek wanneer ‘n slagoffer die sogenaamde “oortollige” bedrag inbetaal.

Nog ‘n slenter wat veral by meubelwinkels voorkom is die gebruik van vervalste “bank tjeks”. Dit is veral mense van groot stedelike gebiede wat die vervalste tjeks gebruik om plaaslik aankope te doen met die versoek dat die goedere in byvoorbeeld Pretoria afgelewer word. Weens die feit dat baie meubelwinkels deel is van ‘n nasionale groep, word die transaksie plaaslik afgehandel, terwyl die goedere verkry word van ‘n ander tak in ‘n stedelike gebied. Na wat verneem word is daar reeds ‘n plaaslike kettinggroep wat verliese gelei het as gevolg van die slenter.

Vir meer inligting en navrae, skakel Jaco Crause by tel. 084 608 3057.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines