

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 October 2005
THOHOYANDOU – “Alle vuurwapenlisensies en permitte wat ingevolge die Wapen en Ammunisie Wet van 1969 (Wet 75 van 1969) uitgereik is en geldig was tot onmiddellik voor die datum van inwerkingtrede van die nuwe Vuurwapen Beheer Wet (Wet 60 van 2000) moet binne die voorgeskrewe tydperk hernu word,” lui ‘n verklaring wat vandeesweek deur die kantoor van die Area Kommissaris van die Vhembe Area in Thohoyandou uitgereik is.
Luidens die verklaring moet die betrokke lisensies en permitte hernu word binne die tydperk wat in die amptelike koerant gepubliseer is deur die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, alvorens die ooreenstemmende nuwe lisensie, permit of magtiging bekom kan word.
Die hernuwingstydperke, volgens die verjaardag van die aansoeker bereken, is soos volg:
* Vir verjaardae 1 Januarie tot 31 Maart is die hernuwingsperiode 1 Januarie 2005 tot 31 Desember 2005;
* vir 1 April tot 30 Junie is dit 1 Januarie 2006 tot 31 Desember 2006;
* vir 1 Julie tot 30 September is die hernuwingsperiode 1 Januarie 2007 tot 31 Desember 2007; en
* vir 1 Oktober tot 31 Desember is dit 1 Januarie 2008 tot 31 Desember 2008.
Sakeondernemings se hernuwingsperiode is van 1 Januarie 2006 tot 31 Desember 2006.
Alle navrae in hierdie verband moet gerig word aan die plaaslike polisiestasie se aangewese vuurwapenbeheerbeampte of aan die Area Hoof, Vuurwapen en Drank Beheer, Vhembe Area, Kaptein Bez Bezuidenhout by tel (015) 963 8069 of 082 565 7955.
Die SAPD se Nasionale Vuurwapen Inbelsentrum se telefoonnommer is (012) 353 6111 en die faksnommer is 012 353 6036.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
