

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 October 2005
VIVO – Familielede is steeds verbysterd oor die dood van mnr. Koos Kemp wat die afgelope naweek deur ‘n “mak” buffel op sy plaas Spitskop noodlottig verwond is.
Die 47-jarige mnr. Kemp was ‘n welbekende in politieke kringe, ‘n stadsraadslid en voormalige burgemeester van Polokwane. Die laaste paar jaar het hy ‘n suksesvolle buffelteelprojek bedryf. Hy was ook die broer van mnr. Hendrik Kemp, ‘n bekende rugbyspeler en inwoner van Louis Trichardt.
Dit is nie seker wat veroorsaak het dat die buffel, wat mnr. Kemp hans grootgemaak het, hom gegaffel het nie. Die noodlottige voorval het plaasgevind toe mnr. Kemp vroeg Saterdagoggend (8ste) ‘n sproeier in die land gaan skuif het waarin die buffel gewei het.
Alhoewel daar desperaat gepoog is om die erg-beseerde mnr. Kemp se lewe te red, het hy aan sy besering beswyk. Mnr. Kemp, ‘n diep gelowige mens, is in sy vrou, Alida, se arms dood, kort nadat sy vir hom gebid het. Die buffel is later deur ‘n jagter van kant gemaak.
Wyle mnr. Kemp, wat alom bekend gestaan het as ‘n wonderlike mens, is Woensdag op sy plaas begrawe. Die diens is waargeneem deur ds. Petrus van Rensburg van die AP Kerk op Dendron. Mnr. Kemp word oorleef deur sy vrou en drie kinders.
Intussen het mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU-SA Noord, sy meegevoel uitgespreek teenoor die Kemp familie. Hy het gesê die nuus het as ‘n geweldige skok gekom vir die TLU en dat mnr. Kemp se dood ‘n geweldige leemte in die gemeenskap sal laat.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
